KOM BALJAAR IN DIE FEESTELIKHEID

Koop SARIE van Oktober @R25

Jy kan die Oktober-uitgawe van SArIe by ons stalletjie kom koop @ net R25. Boonop kry jy ’n GRATIS Feessak vol pasellas.

Koop SARIE KOS Oktober/November @R35

Jy kan die splinternuwe SARIE KOS se Oktober/ November-uitgawe kom koop @ net R35. Boonop
kry jy ’n GRATIS Feessak vol pasellas.

Koop die splinternuwe SARIE GESOND @R30

SAIRE SE VIVE LA FRANCE!

Myra Maud, die goue stem van SARIE se Afri-Frans-vertoning, het ons verlede jaar betower tydens haar landwye toer. Sy is nou terug met ’n debuut-solovertoning, weer eens onder leiding van vervaardiger Matthys Maree. Suid-Afrikaners het gesmeek vir nog van Myra Maud en hier ís sy ... in Vive la France!

Die landwye toer se première optrede is tydens die Clover Aardklop by die Hoër Volkskool,
kaartjies: R120 p.p :

sr1110aardklop_1__200w.jpg 

4 Oktober om 20:30


5 Oktober om 09:00


6 Oktober om 18:00


7 Oktober om 14:00

Vir meer inligting oor vertonings landwyd, besoek www.afrifrans.co.za

TEKEN IN OP:

1. SARIE @ 30% AFSLAG

Jy betaal slegs R270 vir 12 UITGAWES van SARIE – R90 minder as die gewone intekenprys. Daarby kan jy kies uit een van ons GRATIS GESKENKE by ons stalletjie én jy kry ’n REVLON-produk in jou geskenkpak.

2. 6 SARIE KOS-UITGAWES (2 NUWES) @R173

Jy spaar R60 én jy kry ’n bottel Leopard’s Leap-wyn plus ’n SARIE KOS-inkopiesak as geskenk.

3. TEKEN IN VIR  18 UITGAWES (12 SARIE- EN 6 SARIE KOS-uitgawes)@ R443.

Kies dan uit een van die gratis geskenke by ons stalletjie. Plus: Jy kry ’n bottel Leopard’s Leap-wyn, asook ’n REVLON-produk in jou geskenkpak.

Aanbiedings geldig terwyl voorraad hou.

CLOVER-MUSIEK-ARENA

TROTS AfRIKAANS

Van Afrikaans se grootste en gewildste stemme, soos gehoor op die Trots Afrikaans-CD’s, deel vir die eerste keer almal saam die verhoog in ’n konsert op Vrydag 7 Oktober. Met Juanita du Plessis in haar enigste optrede tydens Clover Aardklop, Bok van Blerk, Lianie May, Jannie Moolman, Robbie Wessels, Karlien van Jaarsveld en Vaughan Gardiner.

Tyd 19h30 Duur 150 min. Kaartjies R95 p.p.

AARDSPEL 

Op 8 Oktober gaan die aarde skud wanneer Clover Aardklop afsluit met die grootste opskop suid van die ewenaar! Met Steve Hofmeyr (eksklusief by Aardklop) Mathys Roets, Jannie Moolman, Bok van Blerk, Lianie May, Gerhard Steyn, Robbie Wessels, Lize Beekman, The Gugulethu Tenors, Ghapi en die rolverdeling van Gly.

Tyd 19h30 Duur 150 min. Kaartjies R110 p.p.

Albei dié konserte word ondersteun deur SARIE!

sarie.com

En ’n nuutjie vanjaar – kom ontmoet die span van sarie.com. Hulle sal jou wys hoe SARIE die nuutste tegnologie aanwend.

  • Beleef SARIE op ’n e-leser
  • Kry resepte gratis op jou selfoon
  • Kiek ’n ikoon om’n agter-die-skerms-video op jou selfoon te sien
  • Kom maak ’n draai om deur ons aanlyn-glanstydskrif te blaai.

MOOISTE MASKARA MET REVLON


  • Kom kry jou feesgrimering by REVLON se Hollywoodtoonbank in die SARIE-stalletjie en toets die nuwe Grow Luscious Plumping Mascara vir ekstra vol wimpers in ’n kits.
  • Koop ook jou SARIE by die fees om ’n inskrywingsvorm te kry en jy kan een van 5 gelukkige SARIE-lesers wees wat elk ’n REVLON geskenkpak van R2 000 wen.
  • Teken jy in op SARIE, kry jy ’n gratis REVLON-produk.

CARMIEN-TEE

 
Koesterkoppie, kuierkoppie, bederfkoppie . . . Inspireer jouself, kombineer na hartelus en omskep elke koppie rooibostee in iets besonders met jou eie geur-kombinasie uit die Carmién-reeks. Dié lekker tee word organies en sosiaal verantwoordbaar gekweek. Kry jou gratis pak Carmién-tee saam met elke SARIE-feessak.