In die 1930's het die "perfekte vroulike figuur" baie anders gelyk as die "perfekte figuur" van vandag. Huffington Post wys hoe die idee van die "perfekte vroulike figuur" die afgelope eeu verander het.

1900-1910's

Die "Gibson girl"

Die "Gibson girl"-figuur kom oorspronklik van ’n skets wat Charles Dana Gibson gemaak het. Dié figuur is destyds as die perfekte vroulike figuur bestempel. Sy was lank met groot borste, breë heupe en ’n smal middel.

Charles Dana Gibson, ca. 1900 Charles Dana Gibson, ca. 1900

1920's

Die "Flapper"

Die flappers se hare was krullerig en opgevat en hul rokke was korter as hul voorgangers s’n - soms het die rokke hul enkels of knieë gewys. Dié vroue het nie korsette gedra nie, daarom was daar nie so ’n groot klem op hul borste en middels nie. Dit was ’n baie meer androgene voorkoms as in die verlede.

 "Flapper"-meisie  "Flapper"-meisie

1930's

Mae West

Hollywood-ster Mae West het weer heeltemal anders gelyk as die flappers van die 1920's. In haar noupassende rokke het sy klem geplaas op die uurglasfiguur.

Sy het blykbaar gesê: "Werk vir jou kurwes - hulle mag gevaarlik wees, maar niemand sal dit kan ignoreer nie."

x19149

1940's

Rita Hayworth

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het vroue wegbeweeg van die kurwes van die 30's en eerder ’n gesonde, slanke figuur verkies. Sterre soos Rita Hayworth met haar foutlose vel het dié voorkoms verpersoonlik.

rita_hayworth_rita_hayworth_life_cover_etTaJ3z.sized

1950's

Marilyn Monroe

Lang bene, groot borste en ’n uurglasfiguur was groot nuus in die 1950's. Dit was ook die tyd van die pin-up-meisies soos Sophia Loren en Brigitte Bardot.

Marilyn se filosofie was: "Die liggaam is gemaak om te sien, nie om bedek te word nie."

105657

1960's

Twiggy

Saam met die seksuele revolusie van die 1960's was daar ook ’n omwenteling in die idee van die vroulike liggaam. Baie slank met lang bene soos Twiggy was hoogmode. Sy is ook bekend vir haar androgene voorkoms.

Twiggy het sedertdien al gesê mense wat nie soos sy natuurlik slank is nie, moet nie dié ideaal ten koste van hul eie gesondheid probeer nastreef nie. "Dit is in my gene - my pa is ook baie maer ..." het sy in 2010 aan Huffington Post gesê.

1970's

Farrah Fawcett

Die ideaal in die 1970's was om bruingebrand te wees, met lang hare, ’n gespierde lyf en minimale grimering - soos die aktrise Farrah Fawcett.

1980's

Jane Fonda

Die atletiese liggaam in die 1980's het al hoe meer gewild geword. Tog berig Rehabs.com dat 60% van die Playboy-modelle van die tagtigerjare ondergewig was.

Aktrise Jane Fonda was die gesig van die fiksheidsgier en haar oefenvideo's het miljoene kopië verkoop.

jane-fonda-workout-record-1

Dit was ook in die tagtigerjare dat supermodelle soos Naomi Campbell en Claudia Schiffer bekend geword het.

1990's

Kate Moss

Die ideaal van die 1990's was nóg skraler. Kate Moss se baie maer lyf het gelei tot die nuwe term heroin chic.

Dit was blykbaar Kate wat gesê het: "Niks proe so lekker soos wat dit voel om maer te wees nie."

Kate_Moss_Calvin_Klein

2000's

Adriana Lima

Die nuwe millenium het die Victoria Secret-modelle voorgehou as die ideale skoonheid - lank en maer met groot borste, lang hare en gespierde lywe.

Die Brasiliaanse model Adriana Lima is al sedert 2000 ’n Victoria Secret Angel. En vandag, twee kinders later, is sy steeds een van dié uitsoekmodelle.

FOTO: Instagram @adrianalima FOTO: Instagram @adrianalima

Bron: Huffington Post

WATTER LIGGAAMSTIPE DINK JY GAAN DIE 2010'S VERSINNEBEELD?