’n Ete om te onthou.

Om SARIE se 70ste verjaardag te vier het ons besluit om vier SARIE Inspirasie-etes te hou – en almal was uitverkoop.

Elke ete was ’n ode vir sewe dekades van inspirasie. ’n Langtafel vir 70 gaste, onder wie lesers, bekendes en spanlede, is by die splinternuwe Kokkedoor-stoor by Altantic Film Studios in Milnerton gedek. Kerse is aangesteek en glase met wyne van Roodeberg, wat ook hul 70ste verjaardag vier, gevul, terwyl SARIE-kosredakteur Herman Lensing ’n spesiale sesgangmaal voorgesit het.

Die aktrise Anna-Mart van der Merwe, radio-omroeper Elana Afrika-Bredenkamp is twee van agt voorbladsterre wat op SARIE se Augustus 2019-uitgawe verskyn. Hier gesels hulle met Ewan Strydom van Bravo! FOTO Estie Oberholzer
Roodeberg het gesorg vir heerlike wyn. FOTO Estie Oberholzer

Só ’n reuse-taak kon hy nie alleen vermag nie, daarom het 20 ICA-studente hul sjefsbaadjies aangetrek en kom help. Daar is vir konings gekook: varsgebakte okkerneutbrood, romerige sampioenrisotto met anyskrummels, murgsagte 8-uur-lamsblad, suurlemoenverbena-crème brûlée ...

Top-bestanddele is gebruik danksy ons borge SPAR, Spekko en Royal Kalahari Desert Salt

FOTO Estie Oberholzer
Die heerlike spyskaart.
Sjefstudent van die gesogte ICA-sjefskool. FOTO Estie Oberholzer

By hul aankoms kon gaste ’n feestelike jenewer-en-tonikum van KWV Cruxland en Barker and Quin geniet. Die bekroonde musikant en komponis Wilken Calitz het op sy kitaar en viool musiek gespeel, insluitend ’n roerende verwerking van die volksliedjie “Sarie Marais”.

Soos gaste aangesit het vir die feesmaal het redakteur Michélle van Breda staaltjies van die eerste SARIE, toe Sarie Marais, vertel. Soos hoe die eerste redaksie na die drukkers gehardloop het om te sien hoe hul tydskrif lewe kry op rolle papier.

’n Heildronk is ingestel en gaste kon met KWV se Centenery-vonkelwyn klink op nóg sewe dekades van SARIE-inspirasie. 

Ons het die mylpaalverjaardag met heerlike Centenery-vonkelwyn van KWV gekry. FOTO Estie Oberholzer
Michélle van Breda stel die heildronk in. FOTO Estie Oberholzer

Saam met die verskillende gange kon gaste hul glase vul met Roodeberg-wyn, Rhodes Quality-vrugtesap, Stellenbrau-bier, Loxtonia-sider, Barker and Quin-tonikum en KWV Cruxland.

Die aand is afgesluit met moerkoffie en kondensmelk. 

Natuurlik kon ons nie die gaste met leë hande huis toe stuur nie. Elkeen het ’n bederfsak gekry met produkte van SPAR, Spekko-rys, Hannes van Wyk se Vroue na aan my hart (NB-Uitgewers), Tinkies se nuwe Half & Half-lekkerny, Roastmasters Coffee Roasters se koffie, Royal Kalahari Desert Salt se sout en ’n varsgebakte sny verjaardagkoek van The Velvet Cake Co. Ook in die sak was SARIE se Julie 2019-uitgawe, die splinternuwe SARIE Augustus 2019-uitgawe (nou te koop) en die pragtige SARIE KOS se Winter-uitgawe.

Elke gas het 'n bederfsak geloop. FOTO Estie Oberholzer

Dankie aan elkeen wat aan ons langtafel kom sit het, dankie vir die mooiste wense en woorde, en dankie aan elke borg se bydrae om die SARIE Inspirasie-etes besonders te maak.

Heerlike haselneut-en-lemoen-‘Magnum’-roomys was bedien. FOTO Estie Oberholzer

Die #SARIEinspirasie-etes is moontlik gemaak deur Roodeberg, Royal Kalahari Desert Salt, SpekkoSPAR en ICA. #SARIE70

Hou SARIE dop vir die datums van die volgende reeks etes.