Vier aande, elke aand ’n sesgangmaal, 1 920 borde kos, 45 Kersbome en 320 gelukkige lesers! Só kan die eerste Kersfees met Herman opgesom word!

FOTO Estee Oberholzer

Van Donderdag 22 November tot Sondag 25 November het Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, saam met 'n span van 19 flinke Institute of Culinary Arts-studente elke aand vir 80 gaste gekook. Onder die gaste was ook Suidooster-sterre wat lesers kom ontmoet het.

Herman saam met die ICA-studente. FOTO Estee Oberholzer

Die spesiale feesgeleentheid het in die Kokkedoor-stoor by Atlantic Studios, Montague Gardens, plaasgevind. 

Op die spyskaart was varsgebakte brood, Kersham-risotto-balle, geurige varkvleis, pampoenpoffers, soet karamel-springmielie-roomys en vele, vele meer! Gaste kon ook kies uit witwyn, rooiwyn, jenewer-en-tonikum, bier, vrugtesap, sider, yskoue water en sjampanje. 

FOTO Estee Oberholzer
Voorgereg: Kersham-risotto-balle FOTO Estee Oberholzer
Tweede gereg: Koeksister-botter met anysbrood van gerookte meel. FOTO Estee Oberholzer
FOTO Estee Oberholzer
FOTO Estee Oberholzer
FOTO Estee Oberholzer
FOTO Estee Oberholzer
FOTO Estee Oberholzer

Die stoor het gelyk soos Kersvader se werkswinkel en gaste kon een hele aand vergeet van die wêreld daarbuite.

En aan die einde van die aand kon elkeen met 'n heerlike geskenkpak wegstap!

Dankie aan al ons borge wat die Kersete spesiaal gemaak het: Checkers, Spekko, Robertson Winery, ICA, Imbo, Fat bastard, Clemengold Gin, KWV se Cruxland Gin, Barker and Quin Tonic Water, Stellenbrau, Loxtonia Cider, BlomstoriesRoastmasters Coffee Roastery, Creative Cuisine Pantry, NB Uitgewers, VitalWillow Creek en Instax.

Hier's nog foto's:

SARIE-lesers het voor die ete 'n toer deur Kwêla-, Tussen Ons - en Suidooster-stel gehad.
Michélle van Breda, SARIE redakteur, verwelkom die gaste. FOTO Estee Oberholzer
FOTO Estee Oberholzer

Voor elke gang-maaltyd het Herman meer daaroor verklap. FOTO Estee Oberholzer
FOTO Estee Oberholzer
Van ons lesers voor die pragtige krans wat deur Blomstories gemaak is. FOTO Estee Oberholzer
FOTO Estee Oberholzer
FOTO Estee Oberholzer
FOTO Estee Oberholzer
FOTO Estee Oberholzer
FOTO Estee Oberholzer