Die ontwerper van dié rok van ivoorkleurige duchess-sy-satyn en met 'n belt (R16 000), is Liezel van Zyl Couture. Die bypassende fascinator van sagte laprose en kort hoede-net-sluier (R2 000) is ook van Liezel van Zyl Couture. Die drukkersduiwel was weer doenig en ongelukkig is haar kontaknommers verkeerd in die nuutste uitgawe. Hier is die regte nommers:

Kontak haar by 021 853 5974 of 084 432 1015 of stuur ‘n e-pos aan lvzcouture@hotmail.com. Kyk ook by www.saweddings.co.za vir nog foto’s.

* SARIE BRUID is te koop teen R47 (BTW ingesluit) en beskikbaar by uitsoektakke van Shoprite/Checkers, Spar, Pick n Pay, CNA, Woolworths en kontant-agente landwyd.

* Die voorbladfoto is geneem deur Mark Cameron op Babylonstoren, tussen die Paarl en Franschhoek.

SARIE BRUID

SARIE BRUID