Die meeste van ons het al per ongeluk ’n fout in ’n e-pos gemaak, of erger nog, die verkeerde e-pos na die verkeerde persoon gestuur.

Goeie nuus, as jy Outlook gebruik, kan jy dié e-pos terugtrek as jy vinnig genoeg is.

Stap 1:

Gaan na jou SENT-leêr en klik daarop om die e-pos oop te maak.

Maak seker jy klik op op die MESSAGE-tab en klik dan op ACTIONS.

recall-message-720x720

Onder ACTIONS sal jy die opsie kry RECALL THIS MESSAGE. Jy het ’n Exchange-rekening nodig vir dié opsie en sekere maatskappye blok ook dié opsie.

As Outlook dít nie toelaat nie, stuur maar ’n opvolg e-pos en vra mooi om verskoning. Anders, gaan aan na stap 2.

Stap 2:

Dit sal ’n nuwe skermpie na vore bring waarop jy kan kies om ongeleesde boodskappe uit te vee of dit met ’n nuwe boodskap te vervang.

Jy kan ook kies om ’n verslag te kry van die boodskappe se status (of dit verwyder of verander is of nie).

Klik op OK.

recall-message-box-720x720

Stap 3:

As jy die boodskap met ’n ander vervang, sal Outlook jou na ’n nuwe boodskapskerm neem. Wanneer jy dan SEND druk op die nuwe e-pos sal die proses begin om die ongeleesde boodskappe te vervang.

Let wel:

Die eerste boodskap gaan soms nie onmiddellik verdwyn nie. Soms moet die ontvanger eers die tweede, recall-boodskap lees voordat jou oorspronklike boodskap verander of verdwyn.

En siedaar, as jy vinnig genoeg optree, kan jy baie verleentheid gespaar word!

Wanneer gaan dié metode nié werk nie?

• Wanneer die persoon reeds die boodskap oopgemaak het

• Wanneer die persoon ’n reël ingestel het dat jou e-pos dadelik in ’n ander leêr beland

• Wanneer jy iets na ’n openbare leêr stuur

• Wanneer die persoon ’n ander e-pos-app as Outlook gebruik

• Op die oomblik is dit net op rekenaars beskikbaar en nie op selfoon-applikasies vir jou e-pos nie

Probeer eerder dít

Oplossing 1: Sê jammer. Soms is dit net beter om om verskoning te vra.

Oplossing 2: Vertraag jou e-posse. Stel ’n reël op jou e-posse dat dit eers ná ’n paar minute stuur. Dan het jy darem nog ’n tydjie om enige foute agter te kom.

Doen dít só: Gaan na FILE en kies MANAGE RULES AND ALERTS. Kies NEW RULE en dan BLANK RULE. Kies SELECT ACTION en kies DEFER DELIVERY BY A NUMBER OF MINUTES. Sleutel dan in hoeveel minute jy wil hê Outlook moet wag voordat dit jou boodskap uitstuur.

Bron: digitaltrends.com

Lees nou

Aanpaskamer-etiket

Was jy al skaam & verleë by die werk? 3 redes hoekom dit goed is

Almal wil met haar werk – van BMW tot Belvedere Vodka tot John Legend!