Die sjarmante James Bond verlei vanjaar al 55 jaar lank pragtige vroue en jaag skurke op die silwerskerm. Onlangs is die amptelike 007-flieks deur die webtuiste Ranker van beste tot swakste gelys ná 'n aanlyn stemmery. En die wenner? Casino Royale

In hierdie 2008-fliek het die Britse blondekop Daniel Craig die eerste keer Bond se swart aandpak aangetrek. Die pragtige Eva Green het die rol van Vesper Lynd, sy enigste "ware" liefde, vertolk. Die fliek het $550 miljoen (byna R8 miljard) by die loket verdien en Rotten Tomatoes het dit 95% gegee.  

FOTO Instagram
FOTO Instagram / @007

In die tweede plek is Goldfinger (1964) met sir Sean Connery as 007 en Shirley Eaton as die goudgeverfde Bond-meisie Jill Masterson. Derde is Skyfall (2012), Craig se derde keer as die sexy spioen. Dit was die regisseur, Oscar-wenner Sam Mendes, se eerste Bond-fliek. (Spectre in 2015 was die ander een.)

FOTO Instagram / @007
FOTO Instagram / @007

En laaste op die lys? Die een net voor Casino RoyaleDie Another Day (2002) met Pierce Brosnan as "Bond, James Bond". In hierdie fliek het Oscar-wenner Halle Berry die kollig gesteel in haar oranje bikini. Ongelukkig het dit net 58% op Rotten Tomatoes gekry.

FOTO Instagram

Die 25ste Bond-fliek word in 2019 uitgereik. Craig, wat dan 52 jaar oud gaan wees, vertolk weer die ikoniese rol. Maar hy sal nie die oudste Bond ooit wees nie. Die ontslape Roger Moore het op 58 sy laaste vertolking van die spioen gelewer in A View To A Kill (1985). Sangeres Grace Jones was saam met hom in die fliek as May Day.

Wie's die beste Bond?

Die leefstyl-webtuiste CheatSheet het onlangs hul top-6 aangewys.

Hier's die top-3:

3. Sir Roger Moore

FOTO Instagram

2. Daniel Craig

FOTO Instagram

1. Sir Sean Connery

FOTO Instagram