Elke vrou het ’n spreekwoordelike biologiese horlosie wat aftik. As jy nie teen 30 ’n kind kry nie, raak jou kanse skraler en skraler, sê studies. Maar in Hollywood is daar bekendes bo 40 wat steeds babas kry.

Op 44 is die Spice Girl Geri Halliwell vir ’n tweede keer ma. Haar seuntjie is in Januarie gebore.

Geri is verlede jaar getroud met die F1-baas Christian Horner. Dis die paartjie se eerste kind saam. Geri het ’n 10-jarige dogtertjie, Bluebell Madonna, uit ’n vorige verhouding.

FOTO Instagram / E! News FOTO Instagram / E! News

Op 49, twee weke voor haar 50ste verjaarsdag, het die sanger Janet Jackson swanger geraak met haar eerste kind.

Janet is in 2012 met die magnaat Wissam Al Mana (41) getroud. Dis Janet se derde huwelik. Sy het in April vanjaar aangekondig dat sy haar wêreldtoer gaan uitstel, juis oor sy en Wissam met ’n gesin wil begin.

FOTO: Instagram / @janetjackson FOTO Instagram / @janetjackson

En op 43 het Tori Spelling haar vyfde kind verwelkom.

FOTO Instagram / @torispelling FOTO Instagram / @torispelling

Jy dink daar is nog baie tyd vir ’n baba. Maar die werklikheid is dat hoe ouer jy is, hoe moeiliker raak jy swanger. En selfs die moderne wetenskap het nie altyd ’n oplossing nie.

Daar is baie vroue wat eers op 35 en ouer met ’n gesin begin. En dis dikwels paartjies uit ’n hoe¨r sosio-ekonomiese klas, beaam dr. Marienus Trouw van die Pretoria-vrugbaarheidsentrum. Amerikaanse navorsing bevestig dit.

Met sterre soos die sangeres Mariah Carey wat vir die eerste keer op 42 ma geword het, is dit maklik om te glo ook jý het die we^reld se tyd. As jy later nie op die natuur se manier geholpe raak nie, kan die moderne wetenskap jou mos ’n helpende hand gee.

Maar om in jou laat dertigs of vroee¨ veertigs swanger te raak, is nie altyd so maklik nie, selfs met die wetenskap se hulp. Die samelewing het verander, ons lywe nié. By ’n groot aantal vroue wat by ’n vrugbaarheidskliniek aanklop, is ouderdom dan ook die enigste probleem, se^ dr. Trouw.

Vrugbaarste tyd - is daar werklik so iets?

In die middel 1980’s het wetenskaplikes bevind ’n vrou se vrugbaarheid neem natuurlik met die ouderdom af, volgens ’n blog op www.uscfertility.org. Dit daal geleidelik tussen 20 en 35 – en val dan skerp na´ sowat 37.

Byna alle vroue is op 45 onvrugbaar. Die patroon dat ouderdom ’n rol speel, word ook in vrugbaarheidsbehandelings gesien. Selfs met aggressiewe behandelings soos IVB neem die aantal swangerskappe na´ 37 jaar af – en daal drasties na´ 40. Op 45 word jou kans om ’n baba met behulp van IVB te he^ op minder as 5% geskat, volgens die blog.

Ons biologiese horlosie het nie tred gehou met ons vermoe¨ om langer te leef nie, se^ dr. Trouw. Die navorsing is duidelik: Hoe ouer jy is, hoe moeiliker raak jy swanger. En hoe hoe¨r die kans vir miskrame, swangerskap-probleme soos gestasie-diabetes, wat laat in jou swangerskap verskyn en weer daarna verdwyn, en hoe¨ bloeddruk.

MOOD baba ma unsplash

Jou biologiese horlosie begin reeds voor jou geboorte die minute aftik. ’n Vroulike fetus het op 20 weke sowat sewe miljoen eiers. Teen die tyd dat jy gebore word, is dit sowat een of twee miljoen. Die volgende 35 – 40 jaar gaan jy sowat 300 – 400 eiers tydens ovulasie afskei – en die res sterf geleidelik tot jou menopouse op sowat 50.

Op 30 is sowat 12% van jou eiervoorraad nog oor. Op 40 net sowat 3%. Sowat 81% van die´ afname is aan die ouderdom toe te skryf, wat dit die belangrikste faktor in vroue se vrugbaarheid maak. Dis die bevinding van navorsers wat vroue se potensie¨le aantal eiers (jou eierstokvoorraad) van geboorte tot menopouse nagespeur het. Die resultate het in die internasionale aanlyn joernaal PLOS ONE (www.plosone.org) verskyn.

Ander glanssterre wat op 40-plus swanger was

Eva Mendes

Op 42 het sy en die akteur Ryan Gosling hul tweede kind, ’n dogtertjie, verwelkom.

Gwen Stefani

Op 43 het Gwen swanger geraak met haar en haar eksman, Gavin Rossdale, se derde kind, Apollo.

Halle Berry

Op 46 het Halle haar tweede kind, Maceo, verwelkom.

Kelly Preston

In 2010 is Kelly en haar man, John Travolta, se derde kind gebore. Sy was toe 48 jaar oud.

Tina Fey

Op 41 het dié komediant in 2011 haar tweede dogter verwelkom.

Celine Dion

In 2010 het die Grammy-wenner op 42 ’n tweeling in die wêreld gebring.

Lees nou

Natalie Portman se man ster van dokumentêr

Diaan tot Milan: Moederskap in beeld

Kerry Washington is swanger