Die immer gewilde musiekblyspel The Sound of Music is vanaf Februarie 2014 in Suid-Afrika te sien.

The Sound of Music is een van die gewildste musiekblyspele van alle tye en sedert die bekendstelling van die fliek in 1959 het die vraag daarna nog nie afgeneem nie. André Schwartz sal die rol van Captain von Trapp speel en die sangeres Bethany Dickson (wat in die hoofrol as Sandy in die musiekblyspel Grease te sien was) is Maria. Die res van die rolverdeling bestaan ook uit Suid-Afrikaanse akteurs en sangers.

André Schwartz: Eerste Afrikaanse CD in 12 jaar

FOTO: Des Ingham-Brown FOTO: Des Ingham-Brown

Kaartjiebesprekings by Computicket het reeds geopen.

Optredes

Kaapstad: 19 Februarie - 29 Maart 2014

Johannesburg: 5 April - 8 Junie 2014