Raai by watter geheim pas by watter finalis:

VRAAG:

1. Vir haar is die mooiste deel aan haar gesig haar glimlag en wit tande. (Leidraad: Sy het 'n sterk Afrikaanse voornaam)

VOORBLADFINALIS: Johanna Bezuidenhout

Johanna Bezuidenhout

VRAAG:

2. Haar beste skoonheidswenk is vitamiene A. Sy drink elke oggend en aand 'n vitamiene A-tablet en smeer vitamien A-serum aan my gesig. (Leidraad: Sy lyk glad nie haar ouderdom nie!)

VOORBLADFINALIS: Annamie de Bruin

Annamie de Bruin

VRAAG:

3. Sy beskryf haarself as edgy en 'n bietjie rock 'n roll! (Leidraad: Sy skrik nie vir 'n lekker kort haarstyl nie)

VOORBLADFINALIS: Tana Ferreira

Tana Ferreira

VRAAG:

4. Haar lengte het teen haar getel toe sy graag model wou word. (Leidraad: Wonder of sy al die berugte spook in haar tuisdorp gesien het?)

VOORBLADFINALIS: Sindy Vlooh

Sindy Vlooh

VRAAG:

5. Haar kosbaarste besitting is haar Isuzu-dubbelkajuit-bakkie! (Leidraad: Die vroue in haar tuisstad is bekend vir hul skoonheid)

VOORBLADFINALIS: Selma Swanepoel

Selma Swanepoel

VRAAG:

6. Sy oefen haar poses voor haar spieël. (Leidraad: Haar tuisdorp herinner aan 'n Bybelse stad)

VOORBLADFINALIS: Francé Grobler

Francé Grobler

VRAAG:

7. Haar oë beskryf sy as alien. Dis soms potblou, soms blougroen. (Leidraad: Sy is net so oud soos Charlize Theron)

VOORBLADFINALIS: Belinda Gantz

Belinda Gantz

VRAAG:

8. Haar droomwerk is 'n professionele shopper! Sy wil heeldag vir haarself en ander mooi klere koop. (Leidraad: Sy lyk bietjie soos Disney se Sneeuwitjie - gitswart hare, 'n spierwit gladde gelaat.)

VOORBLADFINALIS: Yolandi Traut

Yolandi Traut

VRAAG:

9. Sy is baie lomp en het al twee keer op roltrappe geval. (Leidraad: In Latyns beteken haar naam liefde vir jou vaderland.)

VOORBLADFINALIS: Patria Joynt

Patria Joynt

VRAAG:

10. Haar matriekafskeidrok is duifgrys en het 80 meter tulle. (Leidraad: Ja, sy's dié jaar in matriek en woon in 'n baie bekende studentedorp)

VOORBLADFINALIS: Germa Schultz

Germa Schultz