Die vorige CD’s in dié reeks het platinumstatus bereik, daarom het Coleske Artists nie gehuiwer om Volume 5 vry te stel nie. Suid-Afrika se topkunstenaars het saamgespan vir dié album wat jou voete laat jeuk én die hartsnare roer.

Trots Afrikaans Vol. 5 bevat 20 snitte van onder andere die immergewilde Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis en Dozi

Bobby van Jaarsveld en Lika Berning se treffer, "My lewe draai om jou", uit die fliek Liefling is ook op die album. Bok van Blerk se "My kreet" en Jay se "Is ek nie die een?" smelt harte.

Ander gunstelinge sluit in Eden, Arno Jordaan, Robbie Wessels, Karlien van Jaarsveld en Theuns Jordaan.

Die album bevat nuwe treffers sowel as ou bekendes, soos Lianie May se "Jy soen my nie meer nie".  

Daar is ook ’n voorsmakie van die nuwe Afri-Talia, soortgelyk aan Afri-Frans en Afri-Spaans!