Die internet gons oor dié trourok. Party mense dink dis mooi en beslis iets wat ’n bruid op haar groot dag kan dra. Ander gee ’n ferm nee, want hulle reken dis glad nie geskik vir ’n troue nie.

Die ontwerper Alon Livné White het sy 2017-versameling trourokke op die loopplank bekend gestel. Maar een rok het veral die aandag getrek: ’n Vleeskleurige leotard met kristalle en kraletjies en daarby ’n wit romp wat by die heup begin en na agter uitklok.

Lees nou

Brownie met net 4 bestanddele

Jy sal nie glo watter bekendes ‘sir’ is nie

Tweede kinderboek uit die pen van Milan Murray