Die noodlot wou dit so gehad het. 20 jaar gelede is Brittney en Briggs Fussy saam by die kanselpaadjie af, as kinders, en twee dekades later het hulle dít weer gedoen - maar dié keer het hul ouers hulle nie voorgesê nie.

Brittney en Briggs was 20 jaar gelede onderskeidelik die blommemeisie en hofknapie by die troue van Briggs se peetma. Brittney se ma het destyds saam met die bruid gewerk.

Brittney en Briggs het weer op hoërskool vriende geword, ná hul besef het dat hulle mekaar as kinders geken het.

Briggs vertel dat Brittney eendag ’n foto van die troue by die skool gehad het. Hy het dit dadelik herken as die foto wat ook in hul huis hang, het hy aan ABC News vertel.

Hulle het eers twee jaar later begin uitgaan en toe besluit om ná skool na dieselfde universiteit te gaan.

Hulle het dan ook - 20 jaar nadat hulle as kinders saam voor die kansel gestaan het - besluit om die groot stap te doen en te trou.

Toevallig, of die noodlot?

FOTO:  ABC News FOTO: ABC News Hier is ’n video wat Jack Highberger vir Atlanta se Fox-kanaal oor die paartjie saamgestel het: KMSP-TV

Bronne: ABC News en Atlanta Fox