Dit is ’n doodeenvoudige konsep en soos soortgelyke Twitter-onderwerpe laat dit mense toe om heerlik kreatief te raak. Maar dié keer het dit in Suid-Afrika afgeskop en baie vinnig op Twitter wêreldwyd as 'n trend opgeduik. Só werk dit: Vervang ten minste een woord in die titel van 'n fliek met 'n kosterm.

Hier is ’n paar lekker voorbeelde:

•    One flew over the couscous nest
•    The Lamb Shank Redemption
•    Planet of the grapes
•    Lord of the Onion Rings
•    The day after tomato
•    The Curious Case of Button Mushrooms
•    The Broodjie Bunch
•    Seven Years in Sorbet
•    The Emperor's New Cloves
•    The Devil's Avocado

As jy wil saamlag, gebruik die soekterm #foodmovies op Twitter. Onthou om SARIE ook te volg op Twitter by @SARIETydskrif

WAT SOU JOU FLIEKNAAM WEES?