SABC3 bring op 2 Julie al die aksie na jou woonkamer. Jo-Ann Strauss is dáár in Monaco, van waar sy kykers regstreeks op hoogte sal hou van die troue.

Ander aanbieders wat op SABC3 oor die troue gaan gesels en kommentaar lewer, is die modeontwerpers Abigail Betz, Vesselina Pentcheva en 702 Talk Radio se Jenny Crwys-Williams.

Hier is die skedule van hoe laat wat gebeur

14:30 Dokumentêr oor die Grimaldi-dinastie.

15:30 Regstreekse uitsending begin.

16:55 Prins Albert arriveer by die paleis en loop op die rooi tapyt tot by die kansel.

16:57 Charlene arriveer en sluit by prins Albert voor die kansel aan.

17:00 Godsdienstige troue volg.

17:30 Aansteek van die ringe.

18:19 Teken van die register.

18:30 Die pasgetroude paartjie verlaat die paleis saam met hul gevolg.

18:40 Hulle vertrek na die Sainte Dévote-kapel.

18:50 Die nuwe prinses sit haar ruiker in die kapel neer.

19:00 Arriveer weer by die paleis.