Matt Ficcara is sedert 2011 verlam ná ’n bootongeluk. Maar danksy ’n spesiale robotskelet kon hy langs sy bruid op hul troudag stap.

Matt oefen al sedert April om langs sy verloofde Jordan Basile op hul troudag te stap. En op 18 Oktober is Matt se wens bewaarheid.

Matt Ficarra en Jordan Basile op hul troudag FOTO: Facebook Matt Ficarra en Jordan Basile op hul troudag
FOTO: Facebook

Danksy die robot, Ekso, het dié Amerikaner geleer om van voor af op te staan en te loop. Dit lyk soos ’n soort skelet wat Matt ekstra ondersteuning bied om te beweeg.

Joost

Joost van der Westhzuien het vroeër die maand, ook met behulp van ’n biomeganiese toestel, op Ellispark saam met sy twee kinders op die veld geloop. Lees meer hier.

Joost saam met Kylie en Jordan op Ellispark:

Bron: NY Daily News

Lees ook