Vir baie mense is Durban huis, vir vele ander is dit ’n vakansiebestemming - onthou jy nog die dae toe Durban só gelyk het?

Die webblad Travelstart.co.za herinner ons aan hoe Durban, een van die land se gunsteling-vakansiebestemmings, die afgelope 60 jaar verander het. Van die hoofstrand tot sommige van dié stad se gewildste geboue en strandrestaurante ...

Die webblad, wat jou help om jou reise te beplan, wys jou nou hoe vier van Suid-Afrika se grootste stede in 1954 gelyk het en hoe dit deesdae lyk. Nou kan jy self besluit hoeveel Pretoria, Kaapstad, Johannesburg en Durban oor die afgelope ses dekades verander het.

Só het Durban verander. Onthou om uit te kyk vir die nuwe wolkekrabbers wat teen die strande gebou is!

Nóg stede uit die 50's

Wat dink jy? Sal jy eerder op die strande van die 50's of vandag s'n baljaar? Lewer kommentaar hier onder of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad

Bronne: Beeld & Travelstart.co.za