Geweld teen kinders en vroue bly wêreldwyd, en veral in ons eie land, ’n probleem.

Die Italiaanse produksiehuis Fanpage het vir jong seuns gevra om ’n meisie te slaan en hul reaksies afgeneem. En die eerlikheid waarmee die seuns antwoord, steel jou hart.

Die video het twee dae gelede op YouTube verskyn en word vinnig oor die internet versprei. Byna 2 miljoen mense het dit al gekyk. Ons hou van wat die een seuntjie sê:

Meisies moenie geslaan word nie, nie eens met ’n blom nie.

Lees ook