Baie vroue vra om verskoning vir goed waarvoor hulle nie hóéf verskoning te vra nie - jammer oor my deurmekaar huis, jammer oor my voorkoms, jammer hieroor, jammer daaroor ... Maar dié veldtog wil hê dit moet stop.

’n Nuwe veldtog van die haarprodukreeks Pantene wys hierdie onnodige jammer-sê-tendens onder vroue. En hulle moedig vroue aan om op te hou verskoning vra vir dít wat nie hulle skuld is nie.

Kyk na dié advertensie-veldtog hier:

Stem jy saam? Dink jy vroue vra te dikwels onnodig om verskoning vir dinge? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!