Always het 'n video met die tema "onstuitbaar" gemaak om tienermeisies se selfvertroue 'n hupstoot te gee.

Die video vra 'n paar jong meisies hoeveel keer daar al aan hulle gevra is om nie iets te doen nie, omdat dit nie 'n meisie betaam nie. Al die meisies antwoord dat dit al “baie” met hulle gebeur het.

Hulle word ook gevra om name wat hulle al in die verlede genoem is op bokse te skryf. Die meisies kry dan die geleentheid om die bokse waarop die beledigings geskryf is te vernietig. Só breek die meisies (letterlik en figuurlik) stereotipes rondom meisie-wees af.

Dié video is gister bekend gestel en is reeds meer as 2 miljoen keer gekyk.