Dis 'n goedvoel-video wat die internet behoorlik op hol het: Twee Afrika-pikkewyne wat hand aan hand op 'n Kaapse strand waggel.

'n Paartjie wat in die Moederstad wittebrood kom hou het, het die ougat oomblikke vasgevang.

Het jy geweet?

- Ons vier Wêreldpikkewyndag op 25 April.

- Die Afrika-pikkewyn kan vir 2.3 minute onder water bly.

- Hulle het kliere in hul kop wat soutwater suiwer en dit drinkbaar maak. Die soutkristalle word uitgenies. 

- Die pienk strook bo hul oë is 'n sweetklier - hoe donkerder dit word, hoe warmer kry hulle.