SPESIALE AANBOD:

Bederf jouself en jou geliefde met ’n romantiese aand in die Moederstad! Die pakket is beskikbaar tot 31 Maart 2020

Valentynsdag gaan eerder oor die gedeelde ervaring as oor ’n geskenk. Dis ’n spesiale saamweesdag, ’n koesterdag vir die onthou.

Vier dié dag saam met jou geliefde met ’n wegbreek by die Southern Sun Waterfront-hotel, skaars ’n klipgooi van die V&A Waterfront met al sy attraksies. Hier kan julle heerlik langs die swembad ontspan, vir ’n ontspannende spa-behandeling gaan, by die Yizanirestaurant met sy Suid-Afrikaans geïnspireerde geregte eet en drankies in die kroegarea geniet.

Inkopies kan in die Waterfront met sy winkels te kus en te keur gedoen word, en uitstappies om Kaapstad en die omgewing te verken kan moeiteloos gereël word.

INGESLUIT
  • Aandete vir 2 by die Southern Sun Waterfront-hotel se Yizani-restaurant
  • ’n Bottel huiswyn
  • Romantiese verwelkoming
  • Ontbyt vir 2 die volgende oggend
  • Tot 20% af op bepaalde spa-behandelings by die hotel
  • Vanaf R2 350 per kamer per nag vir ’n naweek.
  • Geldig vir verblyf tot 31 Maart 2020

Bespreek aanlyn by www.tsogosun.com of kontak Tsogo Sun Hotels by +27 21 409 4000 of sswaterfront.reservations@tsogosun.com.