Die obsessie met vroue se lywe, en veral ná swangerskap, laat ons soms vergeet hoe groot voorreg dit is om ’n vrou te wees. Dié video bevat prag-foto's van die wonderlike vroulike liggaam.

Ja, daar is sekere goed wat ’n vrou opoffer wanneer sy kies om ’n kind in die wêreld te bring – roep ’n goeie nagrus vir ’n wyle vaarwel, en sê koebaai vir jou lyf soos dit nou lyk.

Maar wie sê dié veranderinge is noodwendig sleg?

Moeders is pragtig – in alle groottes en vorme.

En ma’s moet trots wees op die feit dat hulle ’n kind die wêreld gebring het. En dié video op YouTube wys dit weer eens. Dít wys foto’s uit fotograaf Ashlee Wells Jackson se nuutste fotoprojek, 4th Trimester Bodies. Sy wil hê meer vroue moet gelukkig wees met hul lywe en hulself as mooi sien – ook ná swangerskap.

Wat dink jy van dié foto's? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Addisionele bron: Linda. nl