Wie is die trotsste op jou omdat jy hier is?
My ma, Christine.

Vertel van jou ma.
Sy’s my beste vriendin. Sy is ’n huiswerker vandat sy sestien is en sy vertel vir al die tannies by wie sy werk ek’s ’n finalis. Sy’s baie trots op my. Ek het nog altyd geglo ek kan uitstyg bo my omstandighede. Ek het self tydens skoolvakansies huise skoongemaak en in die Spar op Mosselbaai se bakkery gewerk om ’n gedeelte van my skoolgeld te betaal.

Wat is jou droomwerk?
Ek wou nog altyd modelwerk doen. Hierdie fotosessie is ’n glimpse van wat ek wil doen. Dis baie opwindend.

Wat is die mooiste aan jou gesig?
My glimlag en wit tande. Die mense by my werk spot my en sê ek’s gelukkig dat ek nog my voortande het – omdat ek van die Kaap af kom!