Wat was jou grootste uitdaging nog?
Ek het twee jaar gelede erge depressie gehad nadat ’n vriend sy eie lewe geneem het. Dit was ’n groot laagtepunt, maar ek het sterker aan die anderkant uitgekom.

Wie is die trotsste op jou omdat jy hier is?
My ma, Madelief.

Waar kom jou naam vandaan?
My oupa was Patrick en my ouma Maria – saam is dit Patria. In Latyns beteken dit liefde vir jou vaderland.

Wat laat jou lag vir jouself?
Ek’s baie lomp! Ek het al twee keer op roltrappe geval. Een keer het ’n ou tannie met ’n loopraam my opgehelp, dit was ironies ...

Hoeveel keer per dag kyk jy in die spieël?
[lag] Tel vensters ook? Op ’n goeie dag minder, op ’n slegte dag meer. Seker 15 keer?

Jou grootste lewensles tot dusver?
Om nie jouself te ernstig op te neem nie.

KRY JOU SEPTEMBER-UITGAWE VAN SARIE OM DIE ANDER FINALISTE TE ONTMOET EN STEM VIR JOU GUNSTELING!