Althea Viljoen (23), Stellenbosch

Hoekom het jy ingeskryf?
My ma het my ingeskryf. Daar was soveel mooi meisies. Ek kon nie glo toe ek die top-35 haal nie. Ek sou tevrede gewees het om net tot daar te kom.

En toe jy hoor jy’s in die top-10?
Ek was saam met my gesin in Parys, Frankryk, toe ek die oproep gekry het. Die oproep by die vakansie was ’n dubbele bonus.

As jy wen ...
Ek het al voorheen modelwerk gedoen, maar ek was nog nooit op ’n tydskrifvoorblad nie. Dit sal ’n voorreg wees om op ’n groot tydskrif soos SARIE te wees. Al die meisies hier is mooi. Ek dink jou persoonlikheid moet deurkom op die foto’s. Dít gaan uiteindelik die deurslaggewende faktor wees.

Wie is jou gunsteling-voorbladgesig?
Suzette van der Merwe. Ek dink dis omdat my ma so mal is oor haar. Sy sê altyd Suzette is ’n klassieke vrou.

Beskryf jouself in 5 woorde.
Liefdevol, empaties, introvert, gelowig, familievas.

Wat is altyd in jou handsak?
Een van daai skokmasjientjies.

Hoeveel paar skoene is in jou kas?
Ek is nie seker nie. Noudat ek ouer is, koop ek meer skoene. Ek dink elke girl hou daarvan om skoene te koop.

Kyk hier na Althea se oorspronklike inskrywing

Volg SARIE op Twitter en Facebook