Amanda van Loggerenberg (33), Despatch

Hoekom het jy ingeskryf?
Wie wil nou nie op ’n tydskrifvoorblad wees nie? Toe dink ek, kom ek probeer!

En toe jy hoor jy’s in die top-10?
Dis great, veral omdat ek die oudste van al die deelnemers is.

As jy wen ...
Daar kom ’n tyd in jou lewe dat jy dink jy kan nie als doen wat jy kon doen toe jy jonk was nie. As ek wen, sal dit vir vroue wys jy kan op enige ouderdom voorbladmooi wees. Ek dink juis baie vroue gaan met my kan identifiseer omdat ek ouer is en ook ’n ma is.  

Wie is jou gunsteling-voorbladgesig?
Christi Panagio. Sy is mooi en talentvol.

Beskryf jouself in 5 woorde.
Go-getter, geduldig, kunssinnig, sag, vroulik.

Wat is altyd in jou handsak?
Gesig-wipes, lipglans en parfuum. Ek is ’n vyf-minute mens. Ek tof nie vir ure op nie. Ek sit net blosser en maskara aan, dan’s ek reg.

Hoeveel paar skoene is in jou kas?
Ek weet nie. Ek het eerder ’n ding vir ’n armband. Ek kan nie nee sê vir ’n mooi armband nie.

Kyk hier na Amanda se oorsrponklike inskrywing

Volg SARIE op Twitter en Facebook