Bronwyn Green (18), Kaapstad

Hoekom het jy ingeskryf?
Ek het gedink dit kan deure oopmaak. Ek wil graag in die filmbedryf werk en as ek wen, kan dit my met die regte mense in aanraking bring.

En toe jy hoor jy’s in die top-10?
Ek het omtrent vir tien minute rondgespring van vreugde. Dit het my selfvertroue ’n hupstoot gegee.

As jy wen ...
Omdat ek so jonk is, sal dit wys jy kan enigiets bereik, ongeag jou ouderdom. Ouderdom is net ’n nommer. Dit hoef jou nie te beperk nie.

Wie is jou gunsteling-voorbladgesig?
Ek kan nie kies nie. Ek het so ’n ruk terug na ’n hele paar van die vorige voorbladgesigte gekyk en hulle almal het iets wat hulle laat uitstaan.

Beskryf jouself in 5 woorde.
Adrenalienslaaf, vriendelik, pret, spontaan, selfversekerd

Wat is altyd in jou handsak?
Ek dra nie gereeld ’n handsak nie, maar my selfoon is altyd by my.

Hoeveel paar skoene is in jou kas?
Ek het ’n vreemde gewoonte. Ek koop gereeld ’n paar hakskoene, maar ek dra dit nooit nie! Soms trek ek mooi aan en loop vir ’n rukkie met my hakskoene in die huis rond, maar ek gaan nooit uit daarmee nie. Dis te ongemaklik.

Kyk hier na Bronwyn se oorspronklike inskrywing

Volg SARIE op Twitter en Facebook