Eileen Kelbrick (26), Krugersdorp


Hoekom het jy ingeskryf?
My ma het die voorbladkompetisie in SARIE raakgelees. Sy’t gedink dit kan ’n wonderlike geleentheid wees, veral omdat ek graag modelwerk wil doen.

En toe jy hoor jy’s onder die top-10?
Ek was besig om te bestuur toe ek die oproep kry. Ek’t amper my kar omgegooi van opwinding! Dis onmoontlik om die gevoel te beskryf.

As jy wen ...
Is daar woorde daarvoor? Dit sal wonderlik, fantasties wees! As ek net ’n glimlag op een mens se gesig kan sit met die voorblad sal ek gelukkig wees.

Wie is jou gunsteling-voorbladgesig?
Christi Panagio. Sy’s pragtig en dit lyk of sy ’n goeie vriendin kan wees.

Beskryf jouself in 5 woorde.
Vrygewig, spontaan, prettig, nederig, liefdevol.

Wat is altyd in jou handsak?
Ek is verslaaf aan lipglans. Ek kan ook nie sonder onderlaag en maskara nie. Ek sukkel met donker kringe onder my oë, so ek moet onderlaag dra.

Hoeveel paar skoene is in jou kas?
Ek het tussen 30 en 40 paar, sonder my bootse! Ek hou veral van plat skoene. Ek dra selde hakskoene, omdat my voete se brug hoog is.

Kyk hier na Eileen se oorspronlike inskrywing

Volg SARIE op Twitter en Facebook