Gillian Cheri-Lee Mouton (21), Bloemfontein

Hoekom het jy ingeskryf?
Hierdie is iets wat ek moontlik net een keer in my lewe gaan ervaar. Ek wou ook nog altyd modelwerk doen en die wedstryd gee my die kans daarvoor.

En toe jy hoor jy’s in die top-10?
Die oproep was onverwags. Daar was soveel mooi deelnemers in die top-35 wat ek gedink het ’n groter kans het as ek.

En as jy wen ...
Net om deel van die fotosessie te wees is ongelooflik. Ek dink ek het ’n natuurlike voorkoms en hopelik sprankelende oë, wat so belangrik vir ’n voorblad is.

Wie is jou gunsteling-voorbladgesig?
Anna-Mart van der Merwe. Sy is beeldskoon. Sy is ook my gunsteling-aktrise.

Beskryf jouself in 5 woorde.
Eerlik, spontaan, positief, gedrewe, lag graag.

Wat is altyd in jou handsak?
Labello, my beursie, ontsmettingsmiddel vir my hande (hand sanitizer), kougom en lekkergoed soos Wine Gums. Ek kan nie sonder my lipglans en oogomlyner nie.

Hoeveel paar skoene is in jou kas?
Ek het nie ’n idee nie. Ek is ’n skoen-freak. Wanneer ek gaan shop, koop ek net skoene, van hakskoene tot pumps.

Kyk hier na Gillian se oorspronklike inskrywing

Volg SARIE op Twitter en Facebook