Justine Cloete (23), Citrusdal

Hoekom het jy ingeskryf?
Ek is mal daaroor om voor die kamera te wees. As ek wen, kan dit deure in die modelwêreld oopmaak.

En toe jy hoor jy’s in die top-10?
Ek kon dit nie glo nie. Ek het gedink ek lyk so vaal tussen die ander meisies. Ek was skoon oorweldig.

As jy wen ...
Dit sal die wêreld vir my beteken. Jy het mos nie altyd geld vir die dinge wat jy wil doen nie. Ek sal van die wengeld gebruik om my graad in menslike hulpbronbestuur te kry. Ek het net my diploma.

Wie is jou gunsteling-voorbladgesig?
Anna-Mart van der Merwe. Sy was al ’n paar keer op SARIE se voorblad. Dit lyk asof sy ’n mooi persoonlikheid het.

Beskryf jouself in 5 woorde.
Vriendelik, opreg, lojaal, betroubaar, skaam.

Wat is altyd in jou handsak?
My selfoon, sneesdoekies, maskara en drie verskillende lipglanse. Ek smeer heeldag lipglans aan.

Hoeveel paar skoene is in jou kas?
Ek dra ’n nommer-drie skoen, so ek sukkel om mooi skoene te kry wat pas. Ek bestee my geld op gehalte-denimbroeke.

Kyk hier na Justine se oorspronklike inskrywing:

Volg SARIE op Twitter en Facebook