Lizelle Muller (27), Nelspruit

Hoekom het jy ingeskryf?
Dit het soos ’n lekker uitdaging gelyk. Ek is nogal skaam, so wanneer ek voor ’n kamera is, is ek buite my gemaksone. Ek glo dis belangrik om jouself te ontwikkel en hierdie ervaring is ’n manier om my selfvertroue te bou.


En toe jy hoor jy’s in die top-10?

Ek was geskok. Toe dit uiteindelik insink, was ek baie bly.

As jy wen?
Dit sal ’n voorreg wees. Dis iets waarop ek altyd sal kan terugkyk en trots wees. Om deel van die top-10 te wees en ’n fotosessie vir SARIE te kon doen is eintlik klaar genoeg vir my. As ek wen, sal ek een van my groot drome kan waar maak: Om my vlieglisensie te kry!

Wie is jou gunsteling-voorbladgesig?
Suzette van der Merwe. Sy’s uiterlik en innerlik mooi. Ek kry die idee sy is nederig. Sy is ook betrokke by liefdadigheid, veral met kinders. Ek is mal oor kinders.

Beskryf jouself in 5 woorde.
Hardwerkend, eerlik, lojaal, vriendelik, naïef. Ek vertrou mense te maklik.

Wat is altyd in jou handsak?
Spuitgoed, kougom en my grimeersakkie.

Hoeveel paar skoene is in jou kas?
’n Kas vol!

Kyk hier na Lizelle se oorspronklike inskrywing

Volg SARIE op Twitter en Facebook