Loubè de Ridder (21), Bloemfontein

Hoekom het jy ingeskryf?
Toe ek van die wedstryd lees, het ek gedink dis nie iets wat ek gewoonweg sal doen nie, maar dit kan pret wees.

En toe jy hoor jy’s in die top-10?
Ek het nie eens gedink ek gaan die top-35 haal nie. Toe ek die oproep kry, het ek eers stil geraak. Ek het nie geweet hoe om te reageer nie. Nou is ek opgewonde.

As jy wen ...
Dit sal ’n eer wees om met SARIE, die grootste vrouetydskrif in die land, vereenselwig te word. Vroue wat op SARIE is, is altyd stylvol en vroulik. Ek glo ek kan hierdie eienskappe op ’n voorblad uitbeeld.

Wat is jou gunsteling-voorbladgesig?
Christi Panagio. Sy’s een van die mooiste vroue in die land. Sy lyk altyd elegant

Beskryf jouself in 5 woorde.
Eerlik, gebalanseerd, familievas, beginselvas, lewenslustig.

Wat is altyd in jou handsak?
Lip Ice. Ek is nie ’n grimering-girl nie. Die enigste grimering wat ek soms dra, is maskara en oogomlyner. Ek meng soms bietjie onderlaag met my vogroom.

Hoeveel paar skoene is in jou kas?
Ek het glad nie ’n skoen-fetish nie. Ek bestee my geld op hemde en mooi serpe.

Kyk hier na Loubé se oorspronklike inskrywing

Volg SARIE op Twitter en Facebook