Marli Lategan (24), Pretoria

Hoekom het jy ingeskryf?
Ek wil graag fotografiese modelwerk doen. As ek wen, sal dit ’n hupstoot in die regte rigting wees.

En toe jy hoor jy’s in die top-10?
Al wat ek kon dink, is dat dit ’n wonderlike geleentheid is.

As jy wen ...
Dit kan dalk nuwe deure vir my oopmaak. My droom is om ’n TV-aanbieder te word. Ek wil graag reis, mense ontmoet en hul stories vertel. SARIE se trefreël is “My inspirasie” en ek wil graag ’n inspirasie vir ander vroue wees. Om mooi te lyk op ’n voorblad is een van die beste maniere om vroue se harte aan te raak.

Wie is jou gunsteling-voorbladgesig?
Anna-Mart van der Merwe. Sy word mooier hoe ouer sy word.

Beskryf jouself in 5 woorde.
Passievol, motiverend, gelowig, aanpasbaar en ek gryp geleenthede aan.

Wat is altyd in jou handsak?
Parfuum, lipglans, pleisters en my kamera.

Hoeveel paar skoene is in jou kas?
Ek dra dieselfde paar skoene tot dit deurgeloop is. Ek is nie mal oor skoene en handsakke nie. Ek koop eerder dekor-produkte en boeke.

Kyk hier na Marli se oorspronlike inskrywing

Volg SARIE op Twitter en Facebook