Kamersvol Geskenke is ’n vyfdaglange uitstalling van eksklusiewe, handgemaakte produkte.

Die produkte, wat elkeen deur ’n siftingsproses gaan om top-kwaliteit te verseker, bestaan uit onder meer ontwerpersklere, dekor, meubels, juweliersware en eksotiese disse. Kreatiwiteit word behoorlik gevier, en soos die naam sê, is dit letterlik kamers en kamers vol geskenke.

Dit is die grootste kreatiewe gebeurtenis in die Wes-Kaap en nou ook in Pretoria.

Deel in daardie kreatiwiteit en kry inspirasie om jou leefstyl ’n behoorlike inspuiting te gee! Dit vind van 25-29 Oktober 2011 op Lourensford-wynlandgoed in Somerset-Wes plaas vir die Kapenaars en van 29 November tot 3 Desember by Open Window School of Visual Communication in Irene vir die mense in en om Pretoria.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket en kos R45 per persoon.

As Kamersvol Geskenke se mediaborg het ons saam ’n kompetisie waar jy ’n jaar se intekening op SARIE kan wen, klik vir meer inligting.

Hesta du Plessis vertel meer oor die siftingsproses en wys sommer ’n paar foto’s van die lieflike goed wat wel gekies is.

Volg Kamersvol Geskenke op Facebook, Twitter of besoek www.kamersvol.com