Met jou wye wit glimlag het jy in my hart kom nesmaak. Ons het ure gesels asof daar geen kultuurgrense of grootwordverskille was nie. In die moeilikste tyd was dit jy wat my teruggedokter het na die lewe met tee en broodjies. Dis jy wat die mure om my hart geïgnoreer en help afbreek het. Jy wat my kinders liefhet soos jou eie. Dis oor jou wat die trane gerol het toe ons trek gelaai is, dis na jou wat ek baie dae verlang. Jy het my geleer wat ek is, is net genade, en wat ek het, is net geleen. Ek mis jou my Emily-engelvriendin; vandag weet ek vriendskap is weelde.

Rosa Duvenhage, Hartenbos