Dit bly ’n kwessie - ’n suksesvolle beroep én kinders tegelyk is moeilik. Veral wanneer die biologiese horlosie begin aanloop en jy is besig om aan jou loopbaan te werk. Daarom het Facebook begin om hul vroulike werknemers se mediese koste te dek as hulle hul eiers wil vries - en Apple begin volgende jaar dieselfde beleid volg, berig NBC.

Die nuwe plan van dié groot tegnologie-maatskappye het wye reaksie uitgelok. Sommige sien dit as uitbuiting en 'n manier om vroue te dwing om deur hul produktiewe jare werk. Ander, soos die stigter van Eggsurance.com, Brigitte Adams, meen vroue voel meer bemagtig nadat hulle hul eiers gevries het, want hulle hoef nie dadelik na die biologiese horlosie te luister nie.

Die feminis Sheryl Sandberg, wat Facebook se hoof uitvoerende beampte is, ondersteun dié inisiatief. Sy glo dat kinders nie enige beperkings op ’n vrou se beroep moet plaas nie, berig Essential Baby.

Om eiers te vries is duur – in Amerika kan dit jou tot $10 000 (R110 000) uit die sak jaag, plus nog $500 (sowat R5 500) per jaar om dit te stoor. Dokters beveel ook aan dat jy sowat 20 eiers stoor, wat die prys verder opjaag.

Wat dink jy van die maatskappye se besluit?

Bronne: NBC en Essential Baby

Lees ook