Toe haar dokter vir Eve Parker in haar 20's sê dat sy dalk nie haar 40ste verjaarsdag gaan haal nie, het sy besluit haar lewe móét verander. Nie net het sy 70kg verloor nie, sy het sommer haar verloofde ook afgeskud! Eve Parker se verloofde het daarvan gehou dat sy oorgewig is, sy sê dat hy "obessief" oor oorgewig-vroue is. Maar toe sy 159kg weeg en met gesondheidsprobleme soos slaapapnee en hoë bloeddruk sukkel, het sy besef dat as sy wil gewig verloor, sal die verloofde moet waai, maar dít was ’n moeilike besluit.

"Daar was konflik in my binneste, want die ding wat besig was om my dood te maak, het ook aan my gegee wat ek altyd wou hê - die liefde en aanvaarding van ’n man."

 FOTO: Facebook Inspirational Eve FOTO: Facebook Inspirational Eve

Nadat sy besluit het om haar verlowing te eindig, het Eve 68kg verloor en weeg nou 89kg - die ligste wat sy al in haar volwasse lewe was.

Dís wat sy oor haar merkwaardige gewigsverlies sê:

Deesdae inspireer Eve ander vroue wat gewig wil verloor met haar besigheid Inspirational Eve.

Lees nóg oor Eve se gewigsverlies HIER.

Bron: Huffington Post