Vonk-feit*: 41% van Suid-Afrikaanse vroue sê dat 'n geur hulle selfvertroue gee.

'n Man wat dink dat 'n vrou haar skoonheidsritueel beplan om hom te beïndruk, misgis hom lekker. Alles, van die heerlike lyfwasmiddel tot die sysagte lyfroom, word gekies om háár selfvertroue 'n hupstoot te gee.

'n Onlangse meningsopname* het bevind dat 41% van Suid-Afrikaanse vroue sê dat hulle op geur staatmaak om hulle meer selfversekerd te laat voel. Dit beteken dat hulle in goeie geselskap verkeer. Beyoncé, 'n vrou wat oënskynlik nie 'n voetjie verkeerd kan sit nie, het in 'n onderhoud gesê: Geur is, wat my betref, 'n noodsaaklikheid. Ek beskou 'n geur as 'n bykomstigheid en bykomstighede is daar om jou spesiaal te laat voel en selfvertroue te gee.

Dit is nie net oorsese bekendes wat so sê nie. Zuraida Jardine vertel dat geur 'n belangrike rol speel in haar skoonheidsroetine: “Mooimaak en regmaak om uit te gaan is alles deel van fantasties voel. Ek sorg dus dat ek oorgenoeg tyd het. Dit is 'n integrale deel van sensueel en passievol voel.” Die geur wat haar man, Josh Lindberg, dra is ewe belangrik en Zuraida sê dat sy dadelik weet dat daar 'n spesiale aandjie op hulle wag wanneer hy dit dra.

Geur is egter derde op die lysie van dinge wat Suid-Afrikaanse vroue meer selfvertroue gee. Klik gerus volgende maand hier om uit te vind wat die ander twee is.

Intussen wil ons graag hoor hoe julle die vonk in julle verhouding hou. Wat gee jou die selfvertroue om die leiding te neem? Daar wag 'n fantastiese prys op die eerste SARIE/LUX Spark-paartjie.

Klik hier om deel te neem. 

*LUX Chanel 5 Suid-Afrika Spark-navorsing 2013