Stuur groete aan Mannetjies Roux is ’n musiekblyspel gebaseer op Laurika Rauch se gelyknamige treffer van die jare negentig.

Laurika se man, Christopher Torr, wat die liedjie geskryf het, het ook die musiekblyspel geskryf.
SARIE is die mediatydskrifvennoot.

Dit speel af in die Karoo en bevat ook ander treffers van Laurika soos “Toemaar die donker man”, “Op Blouberg se strand”, “Die Gang” en “My ou tante Koba”.

Die storielyn is geweef om ’n skoolkind, Engela, wat haar oom en tante op ’n Karooplaas besoek. Dit neem haar op ’n reis van wie sy is en waar sy vandaan kom. Jy leer ook die eksentrieke oom Frans (Deon Lotz) en tante Koba (Isadora Verwey) ken. Dan is daar die vreemdeling Toemaar (Elton Landrew) wat die intrige verdiep. Laurika speel die rol van die verteller, Engela, en Elizca Coetzer (van High School Musical-faam) is die jong Engela.

Johan Badenhorst van die TV reisprogram Voetspore is die vervaardiger.