SARIE is die mediavennoot van die nuwe musiekfliek As jy sing, en 50 lesers en ’n metgesel het die kans om saam met ons na die première in Pretoria te gaan kyk.

Hierdie is jou kans om skouers te skuur met die hele geselskap van As jy sing, onder wie:

  • Bobby van Jaarsveld
  • Bok van Blerk
  • Robbie Wessels
  • Leah
  • Karlien van Jaarsveld
  • Franja du Plessis

Jy sal ook op die rooi tapyt kan loop en saam met SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, ’n glasie klink. Wie weet, dalk is dit jou uitrusting wat die aand op Twitter (@sarietydskrif) te sien is!

SMS net en jy kan een van 50 lesers wees wat ’n dubbel- kaartjie na dié glansaand wen.

Screen Shot 2013-10-28 at 1.00.27 PMDATUM: 5 November 2013 19:00

WAAR: Ster-Kinekor, Brooklyn Mall, Pretoria

*As jy sing is vanaf 15 November landwyd in teaters te sien

Sluitingsdatum: Maandag 28 Oktober 2013. Wenners sal teen 29 Oktober in kennis gestel word. Wedstrydreëls is onderaan dié artikel. Wenners is verantwoordelik vir eie vervoer na en van die première.

Screen Shot 2013-10-28 at 1.00.41 PM

Wedstrydreëls

1. Die eerste korrekte inskrywings wat ontvang word, wen die pryse. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek ?of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. 2. Die wenners sal telefonies verwittig word en hul name sal in ’n latere ?stadium op die webtuiste verskyn. 3. Die pryse is nie oordraagbaar nie en is nie vir kontant omruilbaar nie. ?4. SARIE bied hierdie wedstryd namens Johan Vorster Songs aan as ’n? diens vir haar lesers. Johan Vorster Songs voorsien en is verantwoordelik vir? die pryse. 5. Werknemers en hul gesinne van Media24 (SARIE? se moedermaatskappy), Johan Vorster Songs en hul reklamemaatskappye? mag nie aan die wedstryde deelneem nie. 6. Media24 en Johan Vorster Songs word gevrywaar teen alle eise en/of laste wat ’n wenner kan hê weens skade/beserings vanweë sy/haar deelname aan die wedstryde ?of benutting van die pryse. 7. Johan Vorster Songs, SARIE of Media24 is nie verantwoordelik vir die wenner se vervoer nie. 8. Aflewering binne 6 – 8 weke is onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad ten tyde van die prysaanwysing.