5 gelukkige lesers kan elk 2 kaartjies wen na KAMERS Vol Geskenke (u keuse van die 2 geleenthede, sien inligting onder) asook 6 bottels Lanzarac Classic wyn én ‘n seleksie van prag-geskenke deur DESIGN TEAM.

Pryse sal afgehaal kan word by die spesifieke KAMERS-geleentheid wat u kies om by te woon.

Die pryse is ter waarde van R9000.

Die negende KAMERS Vol Geskenke beloof om ’n kleurvolle viering te wees van plaaslike talent.

Dié jaar se twee gebeurtenisse sal onderskeidelik plaasvind vanaf:

  • 25 tot 29 Oktober 2011 by die gesogte Lourensford Wynlandgoed in Somerset-Wes,
  • 29 November tot 3 Desember 2011 by die opwindende Open Window School of Visual Communication in Irene, Pretoria.

 
Meer as twee honderd stalletjies met hope geskenke en produkte sal vanjaar te koop wees, en besoekers kan vanaf 9:00 tot 18:00 uitsien na stylvolle geskenke, inspirerende produkte en kreatiewe konsepte.

Die KAMERS Vol Geskenke-organiseerders het weer van die land se beste en nuutste talent gewerf. Van dié nuutgevonde ontwerpe en vars idees sal verseker opspraak maak by beide geleenthede.