As jy moeg is vir konstant rondjaag, of dalk net-net kop bo water hou terwyl jy stroomop swem, is prentjiemooi sonsondergange, stiltes wat jou siel vul, heerlike kos en geselskap met hartsvriende om die vuur dalk net wat jy nodig het.

Met dié wedstryd het jy die kans om jouself saam met vier vriendinne op die Oranjerivier te gaan vind soos die karakters in die fliek Stroomop!

Jul avontuur begin by die Raap & Skraap Gastehuis naby Onseepkans, ’n klein Noord-Kaapse dorpie op die grens van Namibië. Dis van hier dat julle saam met SA Forest Adventures sal vertrek vir vier dae op die Oranjerivier, voordat julle weer die laaste aand by Raap & Skraap sal oornag.

SMS en sê in 140 karakters hoekom jy en jou vriendinne hierdie avontuur moet wen. Dié reis is groter en wilder as ooit! 

DIE PRYS

Alle vervoerkoste en reëlings word gedek. Verblyf voor, tydens en ná die avontuur. Alle etes en tente word verskaf.

OM IN TE SKRYF

SMS die woord STROOMOP en die rede hoekom jy en jou vier vriendinne hierdie avontuur moet wen in slegs 140 karakters na 35409. (’n Tarief van R1,50 per SMS geld.) Sluitingsdatum: 31 Augustus 2018

REISPROGRAM

Die avontuur begin met ’n padreis! Areyeng Vehicle Rentals laai jou en jou vier vriendinne met ’n bussie op op ’n plek waarop vooraf ooreengekom is. Almal word dan van hier na die Raap & Skraap Gastehuis naby Onseepkans vervoer, waar julle oornag.

By Raap & Skraap eet almal rustig ’n heerlike aandete voor die avontuur op die Oranjerivier die volgende oggend afskop.

SA Forest Adventures laai julle vroeg op en neem julle na die beginpunt waar julle jul gidse ontmoet.

Die volgende vier dae en drie nagte word op en om die mooie Oranjerivier deurgebring, met pragtige sonsondergange, warm vure, lekker kos en stiltes wat jou gees sal vul.

Slaapplek is op die rivieroewer met gidse wat die tente opslaan.

Die laaste aand word weer by Raap & Skraap oornag voordat die pad huis toe die volgende dag aangepak word.

SPESIALE AANBOD

SA Forest Adventures is ’n trotse vennoot van Stroomop.

’n Spesiale aanbod vir avontuurlustiges en SARIE-lesers is beskikbaar by www.saforestadventures.co.za

Kontak: 083 517 3635; e-pos: bookings@saforestadventures.co.za