Die Britse fisikus Stephen Hawking is vanoggend in sy huis op Cambridge oorlede. Hy was 76 jaar oud. 

Hawking, wat veral bekend was vir sy teorie oor die oorsprong van die heelal en die tweede Einstein genoem is, is in 1963, toe hy net 21 jaar oud was, met motorneuronsiekte gediagnoseer. Dokters het hom twee jaar gegee om te leef. Maar in die jare daarna het hy nie alleen sy doktorsgraad verwerf nie, in 1965 is hy ook met Jane Wilde getroud en hulle het drie kinders, Lucy, Robert en Tim, uit die huwelik verwelkom. Die huwelik het ongelukkig in 1995 verbrokkel en hy is toe met sy verpleegster, Elaine Mason, getroud. Dié huwelik het tot 2006 gehou.

Jane en Hawking was steeds op goeie voet.

Die Oscar-bekroonde fliek The Theory of Everything (2014) is op Jane se memoir, Travelling to Infinity: My Life with Stephen, gebaseer. Eddie Redmayne, wat die rol van Hawking vertolk het, het die Oscar vir beste akteur gewen. Felicity Jones is vir 'n Oscar vir beste aktrise benoem vir haar vertolking van Jane. 

Felicity Jones (links) en Eddie Redmayne (regs) met Stephen Hawking en sy eks-vrou, Jane. FOTO Getty Images / Gallo Images

Kyk die agter-die-skerms-video: