Met die dood van die mode-reus Karl Lagerfeld, Chanel se kreatiewe direkteur, het die Franse modehuis pas die naam van sy opvolger bekendgemaak: sy geheime wapen die afgelope 30 jaar, Virginie Viard.

Viard se loopbaan het in 1987 by Chanel begin toe sy as intern by die haute couture-afdeling begin werk het - vier jaar nadat Lagerfeld daar aangestel is. Prins Renier van Monaco se kamerheer het haar glo persoonlik aan hom aanbeveel.

Designer Karl Lagerfeld (R) arrives with Virginie
FOTO Getty Images / Gallo Images

Viard het gou Lagerfeld se vertroue gewen en in 1992 is sy saam met hom na Chloé om aan sy ikoniese reekse vir dié Franse modehuis te help ontwerp. In 1997 het sy egter teruggekeer na Chanel om die koördineerder van hul haute couture-afdeling te word. Drie jaar later het Lagerfeld haar as ontwerper van die prêt-à-porter-reeks aangestel. 

FOTO Instagram / Chanel
FOTO Instagram / Chanel

Net verlede jaar nog het Lagerfeld in die Netflix- dokumentêre film 7 Days Out die volgende oor Viard gesê: “Virginie is nie net in my persoonlike lewe die belangrikste persoon nie, maar ook vir hierdie atelier ... vir alles. As ons mekaar nie sien nie, praat ons elke dag oor die foon.”

Die twee se vriendskap en vennootskap was so heg dat Lagerfeld dikwels kamma-kamma-boodskappe van sy bekende kat, Choupette, aan haar gestuur het. “Hy sou die boodskappe afsluit met ‘jou Choupette’,” het sy aan W Magazine verklap.

PARIS, FRANCE - OCTOBER 02: Karl Lagerfeld and Vi
Karl Lagerfeld en Virginie Viard loop saam die loopplank by verlede jaar se modevertoning van Chanel. FOTO Getty Images / Gallo Images

Vanjaar was die eerste keer dat Lagerfeld nie Chanel se modevertoning bygewoon het nie. Die rede? Moegheid, het die Franse modehuis destyds in ’n verklaring verduidelik. Viard het in sy plek ingeneem en aan die einde van die vertoning op die verhoog verskyn in die uitrusting wat Lagerfeld so ikonies gemaak het: ’n Swart pak met vingerlose handskoene en ’n Chanel-borsspeld. 

FOTO Instagram / Chanel

Met alle oë op Viard het daar nou ’n nuwe era by Chanel aangebreek, en Lagerfeld sou dit nie anders wou hê nie. Soos hy destyds aan Elle gesê het: “Ons verhouding is noodsaaklik, sy is my regterhand.”

PARIS, FRANCE - JANUARY 22: Virginie Viard (L) and
Virginie Viard in Januarie vanjaar by Chanel se modevertoning. FOTO Getty Images / Gallo Images

Bronne: W Magazine, Elle, The Telegraph, Bazaar, Independent