INGRID JONES, besturende direkteur van Mikateko Media en paneellid van die geselsprogram Tussen ons op kykNET&kie

’n Boek het haar jaar, haar lewe verander. Mindblowing, is hoe Ingrid die effek beskryf wat Shonda Rhimes se Year of Yes (en haar TED Talks-praatjie My Year of Saying Yes to Everything) so twee jaar gelede op haar gehad het.

Nét daar het Ingrid op ’n “Jaar van ja sê” besluit. Om ja te sê vir dinge buite haar gemaksone. Dinge wat sy nog nooit ervaar het nie.

#yes #sayyes #gifttime??

A post shared by Ingrid Jones (@jonesingrid) on

By praatjies moedig sy ook gehore aan: “Sê ja vir daardie skrikwekkende goed. Nie omdat dit gevaarlik is nie, maar omdat dit jou emosioneel terughou.” Ingrid versamel nou ervarings – sy noem dit “expedition happiness”.

“Ek doen dinge wat my gelukkig maak. Ek en my man is pas terug uit Amsterdam, nadat ’n vriend sy woonstel vir ’n maand aan ons geleen het. En daar’s die nuwe TV-reeks waaroor ek besonder opgewonde is, regstreeks, voor ’n gehoor. Ook uit my comfort zone uit. Vandat ek die boek gelees het, sê ek já op my pad van gelukkige ervarings.” 

On the set of #KLOP #kyknet dressed in @fiekasport_ #fieka

A post shared by Ingrid Jones (@jonesingrid) on

*Ingrid was voorheen assistentredakteur van SARIE.