Lank nadat daar nie meer manne op die grens was nie, het ons vier kinders (en blykbaar my man hulle ook) steeds vir hulle gebid. Natuurlik het ons nie ‘n idee gehad waaroor dit gegaan het nie, maar ons het darem ook ons bydrae tot Volk en Vaderland gemaak!

Nou, omtrent 22 jaar later, het die nuwe produksie “Tree Aan- die musical” vir my, ‘n kind uit die tagtigs bietjie perspektief kom gee. Die openingstoneel is nogal baie snaaks aangesien die jong latte almal pruike op het en die hare eers later waai, maar tog as jy terugdink is dit hoe die manne in die laat 70’s vroeë 80’s gelyk het.

Voor die begin van die vertoning het hulle ons gewaarsku dat ons tydens pouse ‘n sneesdoekie in die hande moet kry, en Steve Hofmeyr skryf die volgende in sy blog: “Maar ek het my eerste traan al weggeknip in die eerste toneel. Hier sit ek versteen in sitplek F1 en ontdek: hoeveel gesag daardie ou vlag by my afdwing. Hoe graag ek nog wil opspring en die ou OranjeBlanjeBlou salueer. Hoe bitter spyt ek is dat ek daardie ou vlag verloën het omdat ek alles onder sy wapper as sonde uitgemaak het.”

Ons sien karakters en almal het ‘n storie. Almal moes grens toe gaan of hulle nou wou of nie. Almal verlang na ma se kos. Almal maak deel uit van inspeksie en ons leer van beddens kou en “taxis” op die vloer. Hierdie is ‘n stuk uit die geskiedenis van ons voorgeslagte, van ons land, van ons taal wat die kinders van vandag, veral, nie meer ken nie.

Deon Opperman en Janine Neethling kry dit reg om elke Afrikaner hart op te sweep met die waarheid in hulle storie en musiek. Elke man in die gehoor wat ooit die kans gekry het om grens toe te gaan was op daardie aan weer aan diens en ek kon die nostalgie in die gehoor se oë sien.

Tydens pouse het Steve vir my en Heinz vertel dat hy presies sulke karakters saam met hom op die grens gehad het. Die ryk, vet “funny” Jood, en die rebelse Engelsman. Ook, sê hy, was daar die tipiese hoofseun karakter (gespeel deur Altus Theart) wat al sy streke by sy ouer broer geleer het en nou vir almal sê wat om te doen.  Altus het my verbaas, want die knaap is nie net nou verloof nie, HY KAN SING!

Ek en Heinz was oor die algemeen baie beïndruk met die talent op die verhoog veral Vaughn Gardiner (die hoofrol), Willem Botha, Matt Stern, en Nadia Beukes, maar dit was Adam Pelkowitz wat as “Stinklip” ons dae daarna nog aan die lag gehad het.

Johan Scholtz se vrou Lulu vertel dis rof, want pappa kom elke aand na 12 by die huis en dan is die kindertjies al in die bed, maar hulle is trots op hulle pappa en wat hy doen.

Sean Els was ook daar met sy verloofde, ja die man is ook nou ongelukkig gevat en Sandra Vaughn (Altus se amper stief-skoon-ma) was so opgewonde oor die tweetjies se besluit om die knoop deur te haak en kan nie help om te dink die van Pletzens, Vaughns en Clarks, is “one big happy family” nie.

In my agterkop wens ek Lian was al oud genoeg om hierdie te waardeer, want ek dink rêrig elke pappa moet sy seuntjie vat op hierdie journey en hom laat leef deur die oë van ‘n 19-jarige “rower”.

Tree Aan wys tans by die Staatsteater in Pretoria.

Kyk wie was almal by die openingsaand:

Sean Els en Carla HalgrynBrumilda van Rensburg en David Reese
Amdré Odendal, Dawid Fourie en Sean ElsDeon Opperman en Elsabe Zietsman
Janine van der Vyfer en Steve HofmyerAndré Odendal, Deon Opperman en Franci Swanepoel
Johan Scholtz en sy vrou, LuluAnnie en Matt Stern
Matt Stern, Willem Botha en Johan ScholtzZetske van Pletzen en Altus Theart