Liewe Sarie, my vriendin, (en elke vrou in SA s’n) van vandag af moet ek aan JOU(julle) verantwoording doen. Jy sien, die ding loop so: Toe ek so 20 jaar oud was het ek eenmaal ‘n oud skool vriendin raak geloop en sy was HOTTER as ooit! Haar oplossing:BORSVOEDING. Na daardie insident het ek weer telke male gehoor hoe borsvoeding baie vrouens maerder gelaat het ná die swangerskap as wathulle ooit was. En van toe af was dit my missie om te borsvoed- net daar en dan, as 20 jarige sonder enige intensies om ‘n baba te kry (HAHA).Ek en my (mede jong) kollegas het telkemale wanneer ons ‘n kilo of twee moes verloor, gespot dat ons ‘n plan moet maak sodat ons kan borsvoed en maer word. Nou ja, die dag het vir my aangebreek op 23 Mei 2010.Na die bykans 28 kg wat ek opgetel het tydens my swangerskap (ons praat nog nie maklik daaroor nie), was ek BAIE opgewonde om die borsvoed legende uit te probeer. En nou, net oor die 8 weke later, het dit nog NIKS vir my gedoen nie! Inteendeel, dit voel of hierdie lyf van my vashou aan elke gryntjie kos wat dit inneem net vir INGEVAL daar nie genoeg kossies vir babatjie is nie. (En as jy na my amper 7 kg-baba kyk, kry hy méér as genoeg.) Ná baie trane en deurmekaar hormone, het hierdie mamma besluit om skouer aan die wiel te sit, of eerder haar (groter as ooit) boude in die gym te kry! So kom ons begin by die begin: As gevolg van my miskraam in Julie laasjaar, het my ginekoloog my dadelik om sterk hormone gesit toe ek ‘n maand later swanger raak metLian.Ek het bykans dadelik begin gewig optel en na my eerste trimester was ek 7 kg swaerder as die 64 kg wat ek aanvanklik geweeg het. En na die Desembervakansie in die Kaap (en Bettysbaai se deli later) het ek sommer in 4 weke 5 kg opgetel. Die tannie by my dokter se spreekkamer se oë het volstrek gerek. “Eintlik moet mens net so kilo per maand optel,” het sy met baie verwyte in haar stem vir my gesê, en glo my, sy het op my gevoel gespeel. Maand na maand het ek benouder geraak om te gaan vir my ondersoeke want daai skaal in die agterste kamertjie van die spreekkamer het soos ‘n groot donker wolk oor my gehang. As voorkomskonsultant kan jy vir my nie baie leer oor liggaamstipes nie en laat ek jou vertel ‘n driehoek (peervorm) wat swanger raak het dit bloot nie maklik nie. Nou het jy heupe EN ‘n maagwaar jou (my) middel eens my grootste bate was. Mens het nie nie eens nodig om 3D-brille op te sit om te sien jy kompleet soos ‘n drie-dimensionele driehoek. Vir die reghoekiges en rondes daarbuite is dit soveel makliker om swangerskap te “celebrate” want hulle reeds bestaande magies, word net groter en die heupies en boudjies bly net mooi klein! Dus PROJEK 64 (kg) het dus BEGIN: * Motivering - CHECK (Wel soort van..."I am getting there") * Persoonlike afrigter - CHECK (ek weet vir baie is dit ‘n luukse, en glo my vir my ook, maar ek sal (IN ELK GEVAL) minder broodeetom ‘n Hitlertjie agter my te kry. Blykbaar het Yolanda (my PA, daai reputasie) * Kosplan: “Danksy” die borsvoeding kan ek nie ‘n streng dieët volg nie, maar gesond-eet is ‘n goeie begin! Ek gaan weekliks vir julle vertel hoe ek vorder. En ek gaan eerlik wees (rêrig!). My broer trou in Desember en hierdie mamma wil darem skaflik in ‘n ou bikinitjie op die strand lyk. Ek het 4 maande en 20 kg: Kom ons kyk wie wen! En hier's die foto's:

Voor swangerskap  Voor die geboorte (MOET NIE LAG NIE)
Aletté-Johanni en Heinz