My Engel

Hoe skryf ek ’n brief aan jou om te sê wat woorde nooit sal kan beskryf nie. ’n Engel wat God op aarde geplaas het om sy liefde aan die wêreld te wys. Om vir ons lief te wees.

Iemand op wie ek ten volle kan vertrou. Die persoon wat my aanvaar nes ek is, sonder enige vrae, sonder enige hoekoms. Jy soek nie antwoorde nie, net iets van Jesus om aan ander te gee.

Soms kry ek skoon saam as ek sien hoe moeg jy ná ’n lang dag by die werk steeds vol liefde vir my en die kinders help. Ek sien die trane in jou oë as jy al jou liefde uitstort om my en my kinders, terwyl jou eie kinders nie daar is nie. Jy leer, versorg en beskerm hulle sonder om ooit iets terug te verwag. Wanneer die nood druk en dit regtig baie swaar gaan, sluip jy saans saggies weg (sag om my nie te pla nie) om tyd met Jesus deur te bring. Om Sy leiding en hulp vir ons te vra. By Sy voete te sit en te smeek vir wysheiden liefde vir almal wat vir jou saak maak. Dit gaan nooit oor jou nie.

Ek onthou die kere toe ek wou moed opgee – ek het my werk verloor, daar was twee inbrake by ons huis en alles wat kosbaar was, was weg, ons huis word teruggeneem en ons word onder administrasie geplaas ... dit alles omdat ek die verkeerde besluit geneem het.

Jy bly steeds positief en prys die liewe Vader vir Sy liefde, geduld en seëninge vir ons. Wanneer ek faal, tel jy my op en hou my styf vas en vertel my dat jy my baie, baie lief het. Jy vertel my dis wat Jesus sou doen.

Ek vra God om jou bietjie te bederf en jou spesiaal te laat voel. Ek is Hom ewig dankbaar dat Hy jou aan my en die kinders geleen het.

Baie dankie vir alles, my Engel.