Ek wil net vir elkeen super-baie dankie sê wat my blog lees en comment, julle ondersteuning beteken vir my ongelooflik baie. Julle het 'n groot aandeel aan my gesonder leefstyl. En ook baie dankie aan al my vriende, dié van julle wat gevra het “noem my naam”, julle is bedank.

Ek voel partydae soos 'n superhero, maar ek wil net sê ek is nie. Ek is 'n doodgewone meisie wat net 'n keuse tot 'n gesonder gelukkiger en langer lewe gemaak het.

Ek het nog steeds seer in my lewe, en voel nog nie elke dag gelukkig oor myself nie. Maar wat ek probeer sê is as ek die verskil in my eie lewe gemaak het, kan julle almal dit ook doen. Al is jy tevrede met jou gewig en eet gesond.

Daar is nog ander gesondheidskwessies. Of jy wil dalk minder alkohol gebruik, óf jy wil ophou rook of 'n rustiger lewe ly. Jy kan! As ek wat 'n doodgewone mens is dit kan doen, kan jy ook. As jy regtig wil en jou hart en kop speel saam en jy glo in jouself, kan niemand jou keer nie. Ons is sterker as wat ons dink... JUST GO FOR IT!

Wat ek eet op my goeie dae:

Ek eet joghurt in die oggend, 'n slaai met 'n proteïen in die middag, en groente of Ryvita/Provita in die aand met kaas, of enige smere. Of weer 'n proteïen.
En as ek honger word, eet ek joghurt, Provita of 'n stukkie kaas. Selfs neute of springmielies as ek lus is vir ietsie. Rosyntjies is ook goed.
Nou en dan iets waarvoor ek regtig lus het...

Wenk

Kry 'n vriendin of enige iemand wat jy ken en weeg elke week by daardie persoon, dit gee motiveer jou meer en jy het ook iets om voor te werk die week.Dan sien jy ook wat werk en wat werk nie vir jou nie. Dis regtig 'n groot pluspunt as mens elke week kan weeg, want die weke wat ek nie elke week weeg nie, doen ek nie goed nie...

Die dae raak nou mooier, wees selfsugtig steel 'n tydjie en gaan stap 'n entjie, dit doen wonders vir die figuur en die siel.

Dankie vir als en onthou julle is awesome mense wat 'n verskil in my lewe maak.

Tot volgende keer,

Andri

Andri**